« Prefer to view this website in ENGLISH? Please click here »


Korttermyn Versekering

Hier by Suid-Kaap Finansiële Dienste gaan dit oor meer as net die verkoop van versekering. Ons voorneme is om gemoedsrus by elke kliënt te verseker.

Ons weet dat verlies oor die algemeen pynlik en ongerieflik is en dat spoedige vervanging groot verligting bring. Daarom is eise diens en die spoedige en akkurate hantering van eise prioriteit nommer 1 by Suid-Kaap Finansiële Dienste.

Dit is essensieel om verseker te wees, die kritiese komponent tot gemoedsrus is egter om vas te stel wat die risiko is waarvoor jy dekking koop. Hierdie aspek, naamlik risiko bepaling, behoort in die bekwame hande van 'n professionele makelaar geplaas te word. Hierdie taak behels baie meer as om 'n kortlys op te stel en 'n debiet order te teken. So 'n oorvereenvoudigde benadering stuur af op 'n ramp.

Suid-Kaap Finansiële Dienste nooi jou om met ons te kom gesels oor jou huidige versekeringsdekking sonder enige verpligting, sodoende kan jy verseker wees van optimale dekking teen die beste moontlike prys. Dit is die eerste tree op die pad na intelligente versekering: Maak seker dat jy dekking het vir die regte risiko teen die regte prys, sodoende verhoed jy dat onaangename verrassings vir jou wag wanneer jy eis vir skade of verlies.

Die feit dat jy versekering het, beteken nie vrywaring teen alle verliese nie. Jy is slegs verseker vir die verliese waarvoor jy 'n premie betaal.

  • - Persoonlike versekering
  • - Kommersiële versekering
  • - Boereversekering
  • - Versekering vir wynboere en kelders
  • - Boukontrakteursversekering
  • - Boukontrakteurs publieke
      aanspreeklikheid
  • - Gastehuisversekering
  • - Marineversekering
  • - Houtwerkindustrieversekering
  • - Swaarvoertuigversekering
  • - Transitoversekering
  • - Taxiversekering
  • - Professionele aanspreeklikheids-
      versekering
  • - Versekering vir dokters en tandartse
  • - Aanspreeklikheidsversekering
  • - Rietdak risiko versekering




Kontak Pieter van Greunen
E-pos: pieter@skfd.co.za
Tel: 044 272 7309



VIR TOTALE GEMOEDSRUS


AccuWeather JSE Supersport Financial Mail
Vrywaring »  ::   Copyright © 2020  ::  Suid-Kaap Finansiële Dienste  •  Site by:  WebWorX