« Prefer to view this website in ENGLISH? Please click here »


Mediese Versekering - Die Beste Ooit



DIE BESTE BELEGGING OOIT??
Belê in u eie gesondheid.


DIE BESTE VERSEKERING OOIT??

Sluit aan by 'n mediese skema.

Die beste belegging is om in u eie gesondeheid te belê. Dit lei tot meer energie, beter produktiwiteit en 'n langer werkslewe. Dit beteken beter inkomste, en vir langer.

Dit lei ook tot minder siektes en skete dus minder mediese uitgawes.

Beter inkomste + laer uitgawes = welvaart.

Die beste versekering is om teen onvoorsiene skade te beskerm. 'n Mediese voorval kan u honderde duisende Rand, selfs tot meer as 'n miljoen Rand uit die sak jaag. Baie mense wend dan hulle pensioengeld aan, of verkoop hulle huis om sulke kostes te dek.

Beskerm u bates, en beskerm u oudag deur by 'n goeie mediese skema aan te sluit.

Kundige advies is dus nodig om op die gepaste mediese skema te besluit. Kundige bystand is ook nodig om bybetalings en eiseverwerpings te vermy.






Feit: Gesondheidsorg dienste by Staatsinstellings is in verval. Swak bestuur, onvoldoende fasiliteite en gebrekkige kapasiteit beteken dat private mediese dienste absoluut onontbeerlik geword het.

Feit: Suid-Afrika se private mediese bedryf is van wêreld gehalte, maar dit is ook duur. Die enigste manier om toegang tot privaat mediese behandeling te verkry, is om aan 'n mediese skema te behoort.

Feit: Die voordele wat deur die verskillende mediese skemas aangebied word, verskil radikaal. Wanneer u 'n mediese skema nodig het om behandeling te verkry en dan uitvind daardie behandeling is nie gedek nie, kan 'n groot skok wees.

Kundige advies is dus nodig om op die gepaste mediese skema te besluit. Kundige bystand is ook nodig om bybetalings en eiseverwerpings te vermy



Kontak Johan Grundlingh
E-pos: johang@skfd.co.za
Sel: 082 879 4811




Gapingsdekking


Mediese skemas beheer hulle kostes deur allerlei beperkings te plaas op die dekking wat hulle bied, bv:

• 'n tarief word bepaal wat nie altyd strook met die tariewe wat verskaffers hef nie
• perke word geplaas op die gebruik van sekere dienste soos skanderings, endoskopië en tandheelkundige chirurgie.
• limiete word geplaas op prostese soos stents, gewrigte en pasaangeërs.
• bybetalings word vereis vir sommige prosedures soos gewrigvervangings, rugbehandeling, artroskopië en gastroskopië.
• biologiese middels vir die behandeling van kanker word óf nie gedek nie óf beperk.

Die gevolg is dat u met 'n spul rekeninge sit nadat die mediese skema hulle gedeelte betaal het. Die antwoord is om gapingsdekking uit te neem. Verskeie produkte is beskikbaar spesifiek ontwerp om die onderskeie mediese skemas opsies se tekorte aan te vul.



Belastingkorting


Belasting aftrekbaarheid van mediese uitgawes.

Belastingverligting is afhanklik van die kategorie waaronder jy val:

• Persone ouer as 65 jaar.
• Persone met 'n gestremdheid.
• Alle ander persone

Die belastingtoegewings werk op verskeie maniere wat baie verwarrend kan wees, met belastingkrediete aan die een kant en belastingaftrekkings aan die ander kant. Die hele stelsel is ook in die proses om te verander met Tesourie wat aangedui het dat alles in die toekoms as belastingkrediete gaan werk.. Wat kwalifiseer as gestremdheid en as mediese uitgawes maak die hele saak net meer gekompliseerd. Raadpleeg die kundiges om te verseker dat jy die toegewings benut waarop jy geregtig is.



VIR TOTALE GEMOEDSRUS


AccuWeather JSE Supersport Financial Mail
Vrywaring »  ::   Copyright © 2020  ::  Suid-Kaap Finansiële Dienste  •  Site by:  WebWorX